
Beskrywing van wat nie in die kursus ingesluit is nie.
Die veiligheids toerusting wat jy vir seepmaak nodig het.
Wat is die basiese gereedskap wat jy vir seepmaak nodig het, asook addisionele items wat nuttig, maar nie noodsaaklik is nie.
Die heel basiese bestandele wat jy nodig het om seep te maak en hoekom ons Koestiese Soda "Sodium Hydroxide" nodig het vir seepmaak.
Jy sal met die hitte oordrag metode seep kan maak, asook weet hoe en wanneer om kleur en geur by te voeg.
Jy sal weet hoe en hoekom jy seep moet kuur sodat jy die beste kwaliteit seep maak.
Hier is voorstelle van seep bergingsmetodes om geld en spasie te spaar.
Hier leer jy wat die reëls is as jy jou seep wil verkoop asook wat die etiket regulasies is waaraan jou verpakking moet voldoen.
'n Verduideliking hoe seep vorm as Olie en NaOH (Koestiese Soda) reageer en 'n wonderlike byproduk ook vorm.
Jy sal jou eie olies kan kies vir spesifike eienskappe in jou seep.
Jy sal die volume van jou vorms kan bereken om die perfekte hoeveelheid seep aan te maak.... Goue Lokkies styl, nie teveel nie, nie te min nie...net reg :)
Jy sal kan bereken hoeveel Olie jy in jou resep benodig.
Jy sal jou Koestiese soda vir jou seep kan bereken asook hoe om jou oorbevetting te doen om jou vel te voed.
Jy sal weet hoeveel water jy in jou resep wil gebruik en hoe verskillende hoeveelhede jou resep kan beinvloed.
Jy sal 'n aanlyn seep rekenaar kan gebruik om jou resepte in 'n japtrap te formuleer en te verander soos jy wil.
Jy sal tussen die verskillende seepmaak metodes kan kies om by jou persoonlike behoeftes te pas.
Hier leer jy watse kleure natuurlik of sinteties is, asook wat in seep werk en wat nie sodat jy ingeligte keuses kan maak.
Jy sal Essensiële olie kan toets vir suiwerheid sodat jy nie tenduurste vir gegeurde druiwepit olie betaal nie, en weet hoe om dit veilig in seep te gebruik.
Jy sal inspirasie en idees kry vir addisionele bestandele wat jy in jou seep kan gebruik om dit ekstra spesiaal te maak.
Jy sal die meeste probleme kan ontduik as jy by die riglyne van seepmaak bly, as daar wel probleme opduik sal jy kan identifiseer wat verkeerd geloop het en weet wat dit veroorsaak het, asook hoe om dit reg te stel.
Jy sal jou eie goedkoop en herbruikbare seepvorm kan maak binne 'n paar minute.
Jy sal jou eie seepvorm uit hout kan maak.
Jy sal jou eie seep splitter kan maak om groot blokke seep in die helfte te sny.
Jy sal tussen die baie beskikbare opsies stokmengers kan kies en weet presies waarvoor om uit te kyk sodat dit ideaal vir seepmaak is.
Die is 'n lys van verskaffers wat seep vooraad ens. verkoop. Asook nuttige skakels na betroubare seep inligting.
Sukkel jy met 'n sensitiewe vel, ekseem of is eenvoudig net bekommerd oor die sintetiese bymiddels in jou seep?
Dan is jy op die regte plek, hier is jou eenstop seepmaak kursus om jou eie spa kwaliteit seep in 'n japtrap te maak, jy hoelf gladnie eers ure lank op die internet te sit en sif tussen die verwarrende feite en fiksie nie.
In die kursus leer ek jou hoe seep vorm, asook hoe verskillende olies en bestandele die eindproduk beinvloed.
Jy sal met jou keuse van bestandele, jou eie resepte kan formuleer, en dan jou ontwerper vel-bederf seep kan maak. Jy sal weet wat jou kleur en geur opsies is waarvan jy kan kies, asook vele ander vel-voedende bestandele.
Jy sal 'n seeprekenaar kan gebruik, foutopsporing kan doen en jou verpaking kan ontwerp met die regte etiket regulasies, sou jy jou seep wil verkoop.
Daar is ook heelwat bonuse soos hoe om jou eie vorms en seep snyers te maak sou jy wil opgradeer van eie gebruik na besigheid.
Jy het 'n Dertig dae geld terug waarborg, of lewenslange toegang tot die kursus. Jy het niks om te verloor nie :) As jy gedurende of na die kursus enige vrae het, vra gerus, ek sal dit met graagte anwoord, en indien daar nog bonus materiaal bykom sal jy per epos in kennis gestel word, dit word automaties en gratis tot jou beskiking op die kursus bygevoeg.