What you'll learn
- Paartjies weet wat die 4 groot slaggate in 'n huwelik is.
- Paartjies ken mekaar beter en weet daarom hoe om hierdie slaggate te vermy.
- Paartjies weet hoe om uit hierdie slaggate te kom, indien hul wel daarin val.
- Paartjies het praktiese vaardighede om hul huwelik sterker te maak.
Requirements
- Die grootste vereiste vir hierdie kursus is bereidwilligheid om jou huweliksmaat en jouself 'n kans te gun om te groei. Sonder bereidwilligheid kan geen verryking plaasvind nie.
Description
Dit gaan nooit in die huwelik altyd net goed nie. Waar daar ménse betrokke is, is daar ook mense se dinge betrokke. Om te strewe na 'n huwelik waar dit altyd net goed gaan, is onrealisties. Om te strewe na 'n sterker huwelik, wat stormwaters kan deurstaan, is makliker haalbaar.
In 30 Dae tot 'n sterker Huwelik word 4 groot slaggate uitgewys en bestudeer:
- Kommunikasie
- Verskille in Identiteit
- Onbevredigde Verwagtinge
- Verhoudings (vriende, familie en kinders)
Daar word dan inligting, tegnieke en "oefeninge" aanbeveel om hierdie slaggate te vermy of om daardeur te werk indien julle tans in 'n slaggat modder trap.
Who this course is for:
- Paartjies wat reeds getroud is of binnekort die knoop deur-hak.
Instructor
Ds. DJ Muller het 'n MDiv (Theol) graad, en spesialiseer in Praktiese Teologie en Pastoraat. Hy is ook 'n paktisyn in Toegepaste Metapsigologie (TIR). DJ is getroud met Nadia (ook predikant) en hulle het twee dogtertjies. DJ en Nadia is tans gemeenteleraars in Prieska, Noord-Kaap.
"Ons huwelik is nie perfek nie, inteendeel. Ons moet elke dag doelbewus en hard werk om 'n mooi en gesonde huwelik te hê".